Belydenis van Geloof-Aflegging

Ons verwag dat ons kinders die jeugdienste, afrondingsklas en afrondingskamp bywoon. Hierna voer ons ‘n gesprek met die kind waarna ons met ‘n aanbeveling na die Kerkraad gaan.

Wanneer die kind nog nie in Graad elf is nie, verwag ons van hom/haar om nougeset jeugdienste by te woon tot aan die einde van Graad elf (al lê hulle voor die tyd belydenis van geloof af) en die afrondingsklas en afrondingskamp by te woon in die jaar waarin hulle hulle geloof wil bely. Ook hier geld ‘n persoonlike gesprek en die aanbeveling aan die Kerkraad.

BELYDENISKLAS
Ons is daarop gefokus om die kind te begelei tot op die stadium waar hy/sy besef dat hulle uitverkore kinders van God is en daarmee saam ‘n openlike belydenis in die verband wil maak.

Om hierdie rede beweeg ons as gemeente weg van die drukgang metode waar almal in Graad elf die afrondingsklas en -kamp moet bywoon, net om daarna hulle geloof te bely, ongeag of hulle reg daarvoor is of nie. So ‘n benadering het gewoonlik tot gevolg dat baie van die kinders hulle geloof slegs met die mond bely en geen erg het aan die belydenis van geloof nie.

Die afrondingsklas dien eerder as finale opskerping voor kinders hulle geloof bely. Onthou egter - die afrondingsklas is egter nie verpligtend vir Graad elfs nie, maar wel verpligtend vir kinders wat aan die einde van die jaar hulle geloof wil bely.

Kinders wat nie die belydenisklas bywoon nie en eers na hoërskool hulle geloof wil bely, deurloop kategeseklasse vir volwassenes soortgelyk aan die afrondingsklas.

Tic’s
Kom op Woensdae 19:00 by die kerk bymekaar.

JEUGKAMPE GEDURENDE DIE JAAR
Ons jeugbediener en predikante vergesel ons kinders jaarliks op kampe en neem die geleentheid om verder te help bou aan die kind se geloof. Hier is vanjaar se datums:

Afrondingskamp 12-16 Oktober
Tic’s en tienerkamp : 26-29 Oktober

UITREIKE:
Koningskinders
Riemvasmaak
Olievenhoutbosch
Shoeboks
Kairos
Ons Mense

Skakels

2010 Gereformeerde Kerk Wierdapark.