HOE WERK ONS EREDIENSTE?

Wierdapark het drie eredienste elke Sondag en dan ook nog “Kleuterkerk”.

Dit werk soos volg: Om 09:00 het ons ‘n gewone erediens in die kerkgebou. Gelyklopend hiermee is daar “Kleuterkerk” in die Kleuterkamer en ook ‘n erediens vir laerskoolkinders (Graad 0 – 6) in die skoolsaal oorkant die pad.

Die kinderdiens oorkant die pad in die skoolsaal verloop gewoonlik só: Die eerste half uur word afgestaan aan ‘n volledige erediens met oggenddiens liturgie. Die Woordverkondiging geskied volgens die Modulęre Kategese leerplan wat die Bybel twee keer vanaf graad een tot graad ses met die kinders deurgaan. Deeglike Bybelkennis aangebied op ‘n relevante manier gerig op die ouderdom van ons kinders is hier die fokus. Die ander halfuur vergader die kinders in hulle kleingroepe met elk sy eie kleingroepleier en boekies waartydens die tema en teksgedeelte van die pasafgelope erediens bespreek word.

Die kleuterdiens in die kleuterkamer word aangebied deur Antoinette Stokes en haar medewerkers en is gemik op kreatiewe aktiwiteite wat kinders ‘n grondslag in die Christelike geloof gee.

Ons Aandienste wat op die oomblik saam met ons Jeugdienste gebeur, gaan binnekort ‘n bietjie van ‘n gedaanteverwisseling hę. Hou hierdie spasie dop! (Bygewerk op 30 Junie 2010)
Ons Mense

Skakels

2010 Gereformeerde Kerk Wierdapark.