BAIE WELKOM!

En nou’s jy hier! Ons hoop jy voel sommer gou tuis en dat jou inskakeling by ons gemeente seepglad sal verloop. Om jou hiermee te help vra ons dat jy ons Inskakelingsprogram sal deurloop. Dit vind plaas op Sondagaande vanaf 19:00 – 20:00 direk na die aanddiens. Tydens die program wat oor agt weke strek sal jy die predikante ontmoet, leer hoe die gemeente werk, begelei word om ten volle in te skakel by jou eie kleingroep asook saam ontdek wat jou gawes is en hoe jy dit kan gebruik tot opbou van ons gemeente.

Mag jou bydrae tot die gemeente, in watter rol ookal, die seën van die Here dra. Mag jy hier ‘n warm, geestelike tuiste, geloofsgroei en ‘n lewende verhouding met Christus vind.

Ons is opgewonde om saam met jou brood te breek!

Baie welkom

Hoe word ek deel?
Stap een
Meld jouself aan by die kerkkantoor weeksdae van 8:00 tot 13:00 of Sondae by die Nuwe Intrekkersgroep onder die boom by die kerkkantoor na die oggenddiens.

Stap Twee
Vul asseblief die nuwe intrekkersvorm volledig in. U sal van ‘n vorm voorsien word by die kerkkantoor of deur ‘n lid van die Nuwe Intrekkersgroep.

Stap Drie
Maak uself gereed om vir die volgende twee maande elke Sondagaand vanaf seweuur ons Inskakelingsprogram te deurloop.

Stap Drie
Maak moeite om in te skakel. In ‘n groot gemeente raak jou gou verlore! Bly na die tyd om koffie te drink, skakel in by een van ons bedieningsgroepe en skakel in by die kleingroep waar jy ingedeel word.

Stap Vier
Word verwelkom!

Stap Vyf
Spring in!
Ons Mense

Skakels

2010 Gereformeerde Kerk Wierdapark.