|
|
|
| |
Kleuterdienste
Ons Missie
- Om kinders van kleins af te leer om in God te glo en met Hom te wandel. Dat kinders van ‘n vroë ouderdom die liefde van Jesus kan ervaar en met ander deel.
- Kinders moet van kleins af kan leer en onderskei van goed en kwaad.
- Promofeer ‘n kreatiewe,verbeeldingryke aanbiedding van lesse waar kinders deelneem en selfvertroue kan ontwikkel.
- Leer kinders bid en vertrou.
- Opbou van vertroue en inisiatief onder jong kinders.
- Voorsien in ‘n skoon, netjiese en aantreklike atmosfeer vir die kleuterkerk.
- Hou die gesin naby aan mekaar met die woord van God.

Die Kleuterkerk word sover moontlik interesant gehou. Ons het van tyd tot tyd besoekers wat op die kleintjies se vlak, ander aspekte van die kerk en God se werk op aarde met ons kom deel.
Daar word gereeld kreatiewe kuns beoefen na ‘n les en van die bestes pruik teen die muur van die Kleuterkerk.
Daar is geen kerk in Suid Afrika wat so lekker soos ons kan sing nie!
Die belonging wat gegee word vir getroue bywoning, is ‘n Kleuterkerk T Hemp wat na 4 agtereenvolgende bywonings aan die kleintjie gegee word.
Die Kleuterkerk word behartig deur Annelie Boer (082 780 7289) en drie tiener dogters wat help met die kuns werke en as die natuur roep. In alle gevalle sal die kleintjie veilig wees terwyl Pa en Ma die erediens bywoon.
Dienstye:
Sondae tydens die erediens vanaf 09:00
Alle voorskoolse kinders welkom.
|
|
|
|
 |
| 2010 Gereformeerde Kerk Wierdapark. |
| |
|