Hoe werk ons predikante?

Net op Sondae vir niks langer as twee ure nie. Is jy nie spyt jy het nie ook ‘n dominee geword nie!? Tja spyt kom te laat! Nee darem nie!

Ds Awie Verhoef is voltyds predikant van die gemeente. Hy kan enige tyd gekontak word indien daar vrae is of hulp nodig is.

Dr Nico Grönum is as sendeling gefokus op die Communion-bediening vir na-moderne verwesterde stadsmense hier in ons metropool. Hy was voltydse predikant hier by ons, maar die Here het hom geroep om besig te wees met hierdie bediening.

Ons is bevoorreg om Prof Jaap Helberg hier by ons te hê wat hulpdiens verrig. Hy is ‘n afgetrede professor in die Ou Testament wat onder andere een van die vertalers van die 1983 Afrikaanse vertaling van die Bybel is wat ons tans gebruik. Prof Jaap is verantwoordelik vir die bediening aan die 70-plussers in die gemeente.

Ds Ferdi Postma is ons emerituspredikant. Hy en Mart-Sophie woon normaalweg in Melkbosstrand aan die weskus, maar help op die oomblik uit met die bediening op Theunissen. Wanneer hulle in hierdie geweste kom, help hy graag uit met die prediking.

Die kontakbesonderhede is by "Kontak Ons" elders op die webtuiste beskikbaar.

O ja! Onthou: die dominee is nie die kerk nie…

Ons Mense

Skakels

2010 Gereformeerde Kerk Wierdapark.