Aand-Sanggroep Lei die sang by die Uitreikdienste. Bestaan uit sangers en musikante. |
| |
Pannekoekbak Gedurende die wintermaande drie of vier keer op 'n Saterdagoggend by Wierda-inkopiesentrum. |
| |
Internasionale Uitreik Werk saam Corpus Christi. Besoek gebiede waar die evangelie nog onbekend is, deel Bybels uit, ensovoort.s |
| |
Ons Diakonie Die diakonie is betrokke by barmhartigheidsorg; siekesorg; nuwe intrekkers; spesiale sorg; sustersaksies; 60-Plussers; sosiale aksies in die gemeente en ook hulp in Olievenhoutbosch en by die versorgingsaksie in Elandspoort. |
| |
Sondagoggend-voorsang Tydens die meeste oggenddienste is daar voorsangers wat die sang begelei. ‘n Paar lidmate neem hiervoor verantwoordelikheid. |
| |
Rekenaarbedieners Beheer die rekenaar wat die elektroniese liedbord bedien. Sondagoggend en -aand. |
| |
Gebedsgroep Versoeke kan gerig word en diegene wat op die gebedsketting is, ontvang sms’e. Tans word dit vanuit die kerkkantoor gekoördineer en is wesenlik in ons kerklike bediening.
Ons soek hiervoor mense en veral iemand met die passie en gawe van voorbidding om hier voor te vat.
|
| |
Jeug-band Tree op by die Jeugdienste, soms ook by uitreike by skole. Oefen Sondag middag om 16:00. Sangers en musikante is welkom.
|
| |
Webwerf Bevat inligting oor die gemeente, preekopnames,preeksketse & Powerpoint aanbiedings,die gemeente kalender, skakels na Christelike webwerwe en die gemeente "blog", ensovoorts. |
| |
Tienerdiens Die Hoërskoolleerders en gr. 7 ontmoet Sondae vir `n erediens. Daarna verdeel hulle in Kleingroepe vir katkisasie. |
| |
Teeskink: Sondae Na die erediens word tee en koffie bedien. |
| |
Kleuterkerk Kleuters en peuters van 03 tot 06 jaar oud ontvang Sondae-oggende Bybelonderrig in die "Griffiekamer" . Vanaf 08:45. |
| |
Kinderdiens Laerskoolkinders tot gr. 6 woon Sondae-oggend om 09:00 `n diens by in die Laerskoolsaal. Na die diens verdeel hulle in Kleingroepe vir katkisasie. Die Modulêre Kategese word tans met hulle behandel. |
| |
Ons Ouderlinge Daar bestaan reeds 32 kleingroepe, waarvan sommige teruggaan so ver as 2000, toe die eerste kleingroepe gestig is. Tydens 40 Dae van Fokus het `n hele aantal nuwes tot stand gekom, en die verwagting is groot dat dieselfde die geval sal wees wanneer die Hoë Impak Kerk-kursus afskop.
|
| |
Musiek- en Sanggroep Hou `n oog oor die musiekbediening in die kerk. Is veral betrokke by die aanddienste en ook geleenthede soos Paas- en Kersdienste. |
| |
Pastorale Beraders 'n Groep gemeentelede met die gawe van bemoediging en beradingsagtergrond word deur ds. Awie opgelei om die predikante te help om mense met probleme te ondersteun. Ds. Awie. 082 781 6228 of die kerkkantoor. |
| |
Susters-Sosiaal Reël gesellige byeenkomste en lewer diens oor ‘n wye spektrum in ons kerkwees. |
| |
Kleingroepe Daar bestaan ‘n hele aantal kleingroepe, waarvan sommige teruggaan so ver as 2000, toe die eerste kleingroepe gestig is. Ons hoop om nog meer lidmate hierby te betrek, aangesien dit die manier is waarop ons as gemeente wil funksioneer. Daar is lidmate wat nie in kleingroepe is nie. Hulle word by kleingroepe “aangehaak” sodat hulle bedien kan word. |
| |
Mannebediening Byeenkomste vind een keer per kwartaal plaas. Interessante sprekers word genooi. Begin met 'n vroeë ontbyt. Soms word die wederhelftes ook genooi. Gert v d Walt 082 643 9372. |
| |
Kombuis Tafelware en tafeldoeke kan geleen word. |
| |
Gemeenteblad . Verskyn kwartaalliks. Bevat nuus oor die gemeente, ander denominasies en interessanthede in kerkverband. |
| |
Nuusbrief Die Nussbrief verskyn elke Sondag (behalwe sommige Sondae tydens skoolvakansies). Bevat nuus oor die gemeente, ander denominasies en interessanthede in kerkverband. Kan ook vanaf die webwerf afgelaai word. |
| |
Gemeentekamp Daar word weer `n gemeentekamp beplan vir hierdie jaar. |
| |
Kommunikasiegroep Verantwoordelik vir die oordra van inligting aan die gemeente, maak plakkate en sorg vir die afkondigings Sondae op die elektroniese bord. |
| |
Teeskink Kerkraadsvergaderings:
Tee en verversings word by kerkraadsvergaderings aangebied.
Sondae:
Na die eredienste word tee en koffie bedien. |
| |